Boere Spaar Groot met Sonkrag.

Lourensford Landgoed is ‘n biodiversiteit- en wyn-inisiatief kampioen wynplaas in Somerset Wes, en behoort aan suksesvolle Suid-Afrikaanse sakeman en entrepreneur Dr Christo Wiese. Dr. Wiese was ook die dryfkrag agter die sonkragstelsel wat op Lourensford installeer is. Die fotovoltaïese (sonkrag) installasie is ‘n uitbreiding van ‘n goed gevestigde program van volhoubare landbou, natuurbewaring, herwinning en die uitwissing van indringerplante, wat op Lourensford toegepas word.

Volgens die onderhoudsbestuurder van Lourensford, Mnr. Tinus Potgieter, het die kapitale belegging van die 500kWh sisteem net oor die R7 miljoen beloop. Volgens hul oorspronklike berekeninge sou hulle hierdie koste terug maak in ‘n periode van 8 tot 10 jaar, maar Potgieter noem dat die waarde en besparing wat die sonkragstelsel hul tans bied alle verwagtinge oorskry. Potgieter noem dat hul nuwe berekeninge aandui dat hulle die R7,3 miljoen sisteem gaan afbetaal binne vyf en ‘n half jaar.

lourensford

Die sisteem op Lourensford bestaan onder andere uit 2 000 sonpanele wat op die proelokaal en kelder se dak installeer is. Daagliks wek hierdie panele genoeg krag op om 136 huise van krag te voorsien. Potgieter noem dat alhoewel die elektrisiteit wat deur hierdie panele opgewek word slegs ‘n deel uitmaak van hul jaarlikse kragverbruik, dit steeds ‘n massiewe jaarlikse besparing vir hulle is. Hy noem ook dat hierdie installasie slegs die begin is van Lourensford se hernubare energie projek, en dat hulle in die nabye toekoms verdere opsies gaan oorweeg om nog minder afhanklik van Eskom te raak.

Potgieter noem verder dat hy alle boere sal aanbeveel om sonkrag ten sterkste te oorweeg, nie net as gevolg van die finansiële voordele nie, maar ook ten opsigte van volhoubare landbou. Met Eskom-tariewe wat jaarliks styg, beurtkrag wat dreig, en die druk op die plaaslike ekonomie en lanbou, is sonkrag en ander hernubare engergie-opsies die toekoms vir klein-, medium-, en mega-boere.

Kontak Leakfind Solar vandag vir ‘n gratis konsultasie en vind meer uit hoe ons u kan help. Ons bied spesiale tariewe vir boere op sisteme van 30kWh en groter.

E-pos: info@leakfindsolar.co.za
Tel: +27 21 551 4894

Gaan terug na die Tuisblad